The Groot Plaasproe – from goat to beer! / Die Groot Plaasproe – van bok tot bier!

Jul 28, 2017

THE GROOT PLAASPROE – FROM GOAT TO BEER!

Cheese, wine, craft beer, boergoat meat, “skaapstertjies”, tripe and ice cream . . . all these delicacies and more awaits you at the Big Farm Taste on Saturday 14 October 2017 on the farm Sandringham outside Stellenbosch.

 Agri-Expo, organiser of the popular South African Cheese Festival, promises a brand new tasting experience of all things farm, both for Farmies as well as Townies. Visitors can look forward to unique combinations such as Bok&Bier (boergoat meat and craft beer next to the braai). An array of craft and artisan products such as wine, Karoo lamb sosaties, roosterkoek, steak, yogurt and ice cream will be available for tasting and sale at food and wine stalls.

Old as well as young can discover farm life during a full-day programme that includes performances by popular Afrikaans singers. Watch the line dancers perform and let them show you the ropes so you can join in the fun. Try out some Boeresport including sack racing, egg throwing and tug-of-war; enter the Big Ice-cream Eating Competition for participants of all ages; or get a team together for the Big Braai Competition, for which you may bring your own meat or buy meat from a stall.

Visitors will be able to meet more than 300 different animals. Have a go at judging by voting for the cutest animal in the Big Favourite Competition. Pose with a Percheron (a giant white draft horse as strong as a tractor) or with a boergoat or any other animal, and make sure you enter the Big Selfie Competition. Children, even the ones who do not have a pet at home, are invited to participate in the special Townies fun show to lead a milk goat around the arena. Kids can also ride ponies, visit a touch farm and meet miniature horses and donkeys.

Discover the difference between alpacas and lamas, watch sheepdogs work with sheep, and try to distinguish between 50 different kinds of chickens – from a tiny Kapokkie to a huge Orpington. Find out where the milk in the bottle comes from, see the sheep shearers in action and learn how different animals’ wool is spun. Visit the giant Italian Romagnola couple, Waldo and Olivia, in the luxurious dairy cow hotel and don’t miss the crowning of the FNB Dairy Queen and the BKB Red Meat King or Queen.

The programme takes place from 09:00 to 18:00. Tickets are available from Computicket and the gate at R80 for adults, R50 for pensioners and scholars (14 to 18 years) and free for children 13 years and under. Visit www.livestock.org.za for more information; follow Livestock on Facebook, Instagram or Twitter, or contact Agri-Expo on 021-975 4440 or admin@agriexpo.co.za.

The Groot Plaasproe forms part of the fourth Livestock, a world-class annual showcase of the South African livestock and dairy industry, attracting thousands of agriculture enthusiasts to Sandringham. It takes place from Thursday 12 to Saturday 14 October 2017. Tickets for Thursday and Friday’s programme cost R60 per day, R50 for pensioners and scholars (14 to 18 years) and free for children 13 years and under, also available from Computicket and the gate

DIE GROOT PLAASPROE – VAN BOK TOT BIER!

Kaas, wyn, boetiekbier, boerbokvleis, skaapstertjies, afval en roomys . . . al dié lekkertes en méér wag by die Groot Plaasproe op Saterdag 14 Oktober 2017 op die plaas Sandringham buite Stellenbosch.

Agri-Expo, organiseerder van die gewilde Suid-Afrikaanse Kaasfees, bied hiermee ‘n splinternuwe proe-ervaring van álles wat die plaaslewe bied, vir beide stads- én plaasjapies. Besoekers kan uitsien na unieke kombinasies soos Bok&Bier (boerbokvleis en boetiekbier langs die braaivleisvuur). Allerlei nisprodukte soos wyn, Karoolam-sosaties, roosterkoek, biefstuk, joghurt en roomys sal by kos- en wynstalletjies te proe en te koop wees.

Oud én jonk kan die plaaslewe ontdek tydens ‘n voldagprogram wat optredes deur gewilde Afrikaanse sangers insluit. “Line”dansers sal besoekers vermaak én touwys maak om saam te kan dans. Neem deel aan  boeresport soos sakresies, eiergooi en toutrek; skryf in vir die Groot Roomys-eet-kompetisie vir deelnemers van alle ouderdomme; of kry ‘n span bymekaar vir die Groot Braai-kompetisie waarvoor jy jou eie vleis kan saambring of by ‘n stalletjie kan koop.

Besoekers sal meer as 300 verskillende diere kan ontmoet. Hou jou lyf beoordelaar deur te stem vir die oulikste dier in die Groot Gunsteling-kompetisie. Poseer saam met ‘n Percheron (‘n wit reuseperd so sterk soos ‘n trekker), of saam met ‘n boerbok of enige ander dier, en sorg dat jy inskryf vir die Groot Selfie-kompetisie. Kinders, ook dié wat nie eers ‘n troeteldier by die huis het nie, word genooi om as deel van ‘n spesiale Townies-pretskou ‘n melkbok in die arena rond te lei. Die jongklomp kan ook op ponies ry, ‘n troeteldierplaas besoek, en saam met miniatuurperde en -donkies kuier.

Ontdek die verskil tussen alpakkas en lamas, sien hoe skaaphonde met skape werk, en probeer om 50 verskillende soorte hoenders uitmekaar te ken – van ‘n kapokkie sό piepklein dat hy in jou handsak kan pas tot ‘n Orpington sό groot dat jy hom agter op ‘n bakkie moet laai. Vind uit waar die melk in die bottel vandaan kom, leer hoe skape geskeer word, en kyk hoe verskillende diere se wol gespin word. Besoek die reuse Italiaanse Romagnola-beespaartjie, Waldo en Olivia, in die luukse suiwelkoeihotel en moenie die kroning van die FNB-Suiwelkoningin en die BKB-Rooivleiskoning of -koningin misloop nie.

Die program vind van 09:00 tot 18:00 plaas. Kaartjies is by Computicket en die hek beskikbaar teen R80 vir volwassenes, R50 vir pensioenarisse en skoliere (14 tot 18 jaar) en gratis vir kinders van 13 jaar en jonger. Vir meer inligting, besoek www.livestock.org.za, volg Livestock op Facebook, Twitter of Instagram, of kontak Agri-Expo by 021-975 4440 of admin@agriexpo.co.za.

Die Groot Plaasproe vorm deel van die vierde Agri-Expo Livestock, ‘n wêreldklas-tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse vee- en suiwelbedryf, wat jaarliks duisende landbou-entoesiaste na Sandringham bring. Dit vind van Donderdag 12 tot Saterdag 14 Oktober 2017 plaas. Kaartjies vir Donderdag en Vrydag se program is R60 per dag, R50 vir pensioenarisse en skoliere (14 tot 18 jaar) en gratis vir kinders van 13 jaar en jonger, ook beskikbaar by Computicket en by die hek.

Share This